Crime

Boer vs Boef in OR Tambo

'n Boer op die Groblersdalpad wat Vrydag 15 Augustus vlugtig in OR Tambostraat gestop het vir sake, sê dit was amper of sy gereedskapskis is van sy bakkie af gesteel, boonop met hom binne in die 4x4.

“Gelukkig het die bakkie beestralies op, en dit het die dief verhoed om die swaar kis oor die tralies te lig,” sê mnr. Jaco Pieterse, wat Vrydagmore vlugtig by Nedbank in is en met sy uitkoms talle boodskappe en oproepe beantwoord het.

Terwyl hy in die bakkie met getinte vensters gesit het, het hy ‘n geruk aan die bakkie gevoel.

Toe hy in die truspieël kyk sien hy ‘n man in blou wat sy gereedskapskis van die bakkie probeer tel.

“Hy het my natuurlik nie in die bakkie gesien nie,” sê mnr. Pieterse wat bylas dat hy rustig uitgeklim en langs die man gaan staan het.

“Hy het die gereedskapskis stadig laat sak en toe ek hom vra wat dink hy doen hy, was sy antwoord dat hy bloot verbygeloop het.”

Mnr. Pieterse het hom beskuldig dat hy probeer steel het, maar die man het dit bly ontken, sy vingers om die gereedskapkis se handvatsel ten spyt.

“Hy wou g’n verbyloop nie, hy het bly rondmaal om my bakkie tot ek my selfoon uitgehaal en ‘n foto van hom geneem het.”

Hy sê die man het toe vinnig spore gemaak.

Kort na die voorval het mnr. Pieterse die man se foto op Facebook geplaas, waarna ‘n vloed van kommentaar ingestroom het van inwoners wat soos mnr. Pieterse, misdaadvoos is.

Mnr. Pieterse sê dit help nie eens om dit by die polisie aan te meld nie “want hoe bewys mens nou die boosdoener was oorgehaal om te steel?”.

“Die beste manier is maar vir almal om alle kriminele af te neem en die foto’s onder mekaar te versprei.”

Met sy eie raad in gedagte is hy toe agter die man aan met sy kamera.

Mnr. Pieterse meen dat geringe misdaad, nes ernstige misdrywe, mense nou oorhaal om reg in eie hande te neem – “Ek moes myself keer om nie daar en dan ‘n paar klappe uit te deel nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button