Opvolg: ‘Wallace’ is daar gefluister
Drie mense is in verband met die moord op mnr. Phillip Laya (37), gearresteer.
Mnr. Laya is in die vroeë oggendure van 4 Augusuts in Midmed dood, nadat hy verskeie maal met ‘n mes gesteek is.
Sy liggaam is die aand in die kombuis van ‘n vriendin in Fort Napierstraat, Nasaret, ontdek.
Die vrou het met hom hospitaal toe gejaag, waar hy dood verklaar is met sy aankoms.
Kort na sy moord was daar sprake van ‘n liefdesdriehoek met ‘n vrou wat ook betrokke was met ‘n bekende rampokker wat die Nasaret gemeenskap wyd vrees.
Die naam “Wallace” is oral rondgefluister.
Twee broers, Clayton Wallace (24) en Desney Wallace (31), is in verband met die moord gearresteer.
Busisiwe Sanna Smith (37), is ook gearresteer in verband met die moord van die pa van sewe.
Die drie is onderskeidelik op 30 en 31 Augustus en 1 September gearresteer.
Hulle het almal Dinsdag vlugtig in die hof verskyn waar die saak uitgestel is tot Vrydag wanneer hull formeel om borg sal aansoek doen.
Kort na die Observer oor die raaiselagtige omstandighede rondom die moord op www.mobserver.co.za berig het, het nóg ‘n ander Wallace kommentaar op die storie gelewer.
Casey Wallace het geskryf: “Dit is verskriklik! Ek hoop hulle vang daai mense!”.
