Crime

Opvolg: Fietsryers aangeval met knopkieries

Vier fietsryers is op hul tradisionele "koffieroete" aangeval met knopkieries en stokke, op presies dieselfde plek waar lede van 'n tradisionele inisiasieskool 'n ander fietsryer op 14 Junie met pangas en bakstene getakel het.

Paartjies Johan en Thiesa Janse van Rensburg, en Rudi en Marlene van Niekerk, het Sondag omstreeks 09:00 oudergewoonte hul “koffieroete” agter Nasaret verby na die Mall gery, toe hulle aangeval is.

Mnr. Janse van Rensburg sê hy het ‘n brutale loesing vrygespring omdat hy vooruit was maar sy vrou en die van Niekerks het erg onder die mans deurgeloop. Me. Janse van Rensburg is die week van diens afgeboek, deur hul huisdokter.

Hy beskryf die plek naby die twee nuwe reservoirs agter Nasaret as ‘n kraal-tipe struktuur.

Toe hy verby die struktuur is, het ‘n groep skreeunde lede van die inisiasieskool op die geselskap afgestorm met knopkieries en stokke.

Die fietsryer wat in Junie aangeval is, maar verkies om anoniem te bly, moes verskeie steke in sy gesig kry, nadat hy verskeie maal met ‘n baksteen oor die kop geslaan is.

Hoewel me. Janse van Rensburg die slegste daarvan afgekom het, moes die Van Niekerks ook verskeie harde houe verduur.

Kort na die aanval is die paartjies na die polisiestasie waar hulle die aanrandings aangemeld het.

Polisielede het hulle na die inisiasieskool vergesel, maar vir die slagoffers gesê hulle kan niks aan die saak doen nie, omdat dit die jongelinge se tradisionele reg is om aan die manwording deel te neem.

Die fietsryer wat in Junie aangeval is sê daar was beslis ‘n leierfiguur wat die mans aangepor het om hom aan te val.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button