Crime

Verslaafdes word dopgehou

'n Nuwe stelsel maak dit moeiliker vir dwelmverslaafdes om die reëls te buig, wanneer hulle tot korrektiewe toesig gevonnis word.

Drie verslaafdes in Middelburg, wat nie by voorgeskrewe maatreëls gehou het nie, dra nou elektroniese moniteringstoestelle. Die toestel werk met GPS koördinate en word deur ‘n sentrale beheerkamer gekontrolleer.

Dit beteken dat oortreders wat die toestelle dra, net op sekere plekke mag wees. Sodra hulle van die geprogrammeerde koördinate afwyk, stel die beheerkamer die betrokke paroolbeampte in kennis.

•De Lange Badenhorst, Bruwer Burger en Reinhard Hattingh, is die eerste dwelmslawe wat hier met die toestelle toegerus is. Die toestelle kan glad nie afgehaal word nie. Dit is ook waterdig en word om die oortreder se enkel gedra.

Buiten vir die dwelmverslaafdes is daar ook seksuele oortreders wat op parool uit is, wat die toestelle dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button