Crime

Koerant ontbloot onwettige praktyk

Plakkate wat aborsies adverteer is oral in die dorp opgeplak. Talle stoptekens, kragbokse, lamppale en winkelmure, het advertensies op vir twyfelagtige "dokters" wat vinnge en pynlose aborsies bemark.

Mev. Hanlie Ehlers het ‘n slim manier uitgedink om van die plakkate ontslae te raak. Sy het bykans ‘n jaar gelede vir ‘n straatkind ‘n werksgeleentheid aangebied. Sy het hom gevra om teen vergoeding, al die plakkate wat hy teëkom af te trek en in ‘n swart sak te sit en vir haar te bring om te vernietig.

Sedert die begin van haar projek, het die aantal plakkate drasties verminder. In die begin het die kind vir haar vier maal per week ‘n sak vol plakkate gebring. Deesdae kry hy net twee swartsakke per week gevul.

Die Daller het besluit om die telefoonnommer op die pamflet te bel. ‘n Man wat homself as dr. Mpho voorgestel het, het gesê dat afsprake onmiddellik gemaak kan word, teen ‘n fooi van R2 500.

Hy het gesê dat daar sekere vereistes vir die aborsie is, soos die tydperk van swangerskap, ouderdom en gewig van die pasiënt. “Dr. Mhpo” het gesê dat alhoewel dit nie aanbeveel word nie, hy wel aborsies na ‘n swangerskaptydperk van ses maande kan uitvoer.

Aborsie plakkate word oral opgeplak.
Aborsie plakkate word oral opgeplak.

Die prosedure is volgens “dr. Mpho” pynloos. Hy het verduidelik dat die pasiënt pille moet inneem, waarna sy ‘n bloederige afskeiding sal kry, “soos ‘n tipe van ‘n menstruasie”. “Daar sal bloed wees en onmiddellik na die ding uitkom, sal die bloed ophou vloei,” beweer hy. Die laaste stap van die proses is om die pasiënt se baarmoeder te reinig nadat die bloed ophou vloei het.

Die spreekkamer ure is 24uur ‘n dag en is geleë aan die agterkant van Eerste Nasionale Bank in Groblersdal. Daar kon nog nie vasgestel word of die dokter en die praktyk by die mediese raad geregistreer is nie.

Onwettige aborsies bly ‘n mediese risiko, wat kan lei tot erge bloeding en kan ook die pasiënt se dood veroorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button