Opvolg: Geen klagtes teen seuns
Daar is tot op hede nog geen kriminele of siviele klagtes geopen, teen die drie jong mans wat vir Dewald Jacobs kort voor sy dood, geslaan het nie.
Dewald (20) het selfmoord gepleeg, twee dae nadat hy en ’n ander jong man oor ’n meisie vasgesit het by Burger Hut in Cowen Ntulistraat.
Videomateriaal wys hoe drie jong mans op motorfietse aangejaag kom terwyl Dewald voor die Engen winkel sit en rook. Kort daarna kom die jong man, waarmee hy binne in die restaurant baklei het, saam met die drie wat met die motorfietse opgedaag het, uitgestap, reguit na hom toe.
Sy familie is dit eens dat die vernedering wat deur die groep mans en sy meisie veroorsaak is, bygedra het tot sy selfmoord.
Hulle het onderneem om die saak nie daar te laat nie en stappe teen die jong mans, wie se name aan die Middelburg Observer bekend is, te neem.
