Crime

Vrou gooi brandstof, betaal nie

Die eienaars van M&Z Petroleum in Meyerstraat, waarku ander vulstasies om op die uitkyk te wees vir 'n vrou wat honderde rande se brandstof ingooi, maar nie betaal nie.

‘n Saak van diefstal is Woensdag deur die vulstasie by die polisie gaan lê teen die vrou, Maria Carolina Johnstone, skynbaar ‘n Swazilandse burger.

Of die Swazilandse identiteitskaart wat sy by die vulstasie ingehandig het juis is, is ‘n ope vraag, want sy gebruik minstens twee stelle vervalste nommerplate op haar wit en rooi Mazda 2 reeks motors.

Sy het Maandag met ‘n wit Mazda 2 met die registrasie NUT 2388 by die vulstasie opgedaag. Die registrasienommer is in Utrecht in Natal geregistreer.

Johnstone het glo R300 se brandstof Manadag by M&Z ingegooi en toe dit by betaal kom, was haar beursie leeg.

Sy het gevra om per debietkaart te betaal, wat die vulstasie nie normaalweg toelaat nie, maar wel op aandrang van die kliënt met ‘n ekstra fooi op die transaskie, deurvoer.

Toe die toonbankdame vra vir die kaart, was dié ook glo per ongeluk nie in haar beursie nie.

Sy het plegtig belowe om later die dag terug te kom met die geld, maar verdwyn.

Om hul vertroue te wen, het die vrou haar Swazilandse identiteitskaart vir die vulstasie gegee, saam met haar selnommer.

Die slim toonbankdame het egter aangedring dat die nommer geskakel word voor haar vertrek, maar die nommer het nie gewerk nie.

Sy het ‘n ander nommer verskaf wat wel op haar selfoon in die vulstasie gelui het.

Sedertdien is die foon af, en as hy aan is, bly hy onbeantwoord.

Dinsdag is nog ‘n vulstasie so gevang deur ‘n vrou wat dieselfde modus operandi gevolg het. Mnr. Jannie Myburgh het namens die ongeïdentifiseerde vulstasie op die Middelburg Observer Facebook-blad gevra dat die vrou asseblief haar skuld kom betaal.

Die vrou het dié maal met ‘n wit Mazda 2, met die registrasie DHF 712 GP, by die vulstasie opgedaag waar sy R500 se brandstof ingegooi het.

Die nommerplaat is egter dié van ‘n silwer BMW.

Sy’t nie kontant of haar debietkaart by haar gehad nie en die vulstasie het vertrou dat sy sou terugkom met die geld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button