Crime

R4 miljoen by bejaarde gesteel

’n Nigeriër, Wilfred Bemigho Ugburo, het verlede Vrydag 14 November tydens geregtelike mediasie onderhandelinge, ingestem om R2,3 miljoen aan ’n bejaarde terug te betaal, nadat hy en vyf ander Nigeriërs altesaam R4 miljoen by haar gesteel het met ’n 419 slenter.

Die 419 slenter is wêreldwyd berug as ’n Nigeriese breinbaba, waarin mense geteiken word met beloftes van miljoene in lottery uitbetalings, erflatings en gelukkige trekkings, waarvoor slagoffers nooit ingeskryf het nie.

“As dit te goed klink om waar te wees, dan is dit vals,” sê die gesoute bedrogondersoeker, a/o Ignus Lombaard.

Hy sê die klaer, ’n bejaarde vrou van Vaaldistrik, tussen Secunda en Balfour, het verskeie betalings na ses verskillende rekeninge gemaak tussen Junie en November 2008.

Sy het die depositos gemaak nadat sy deur een van die ses Nigeriërs genader is oor ’n erflating van ’n gestorwe Britse familielid, ter waarde van £3,1 miljoen sterling.

As die eerste deposito gemaak is, kom die bedrieërs altyd terug met talle verskonings, hoekom die geld nie vrygestel kan word nie, soos doeanekostes, oorgrens oordragkostes en administrasiefooie.

Hulle vra ook gewoonlik selfoon lugtyd by slagoffers, wat dit ook goedsmoeds betaal.

Twee van die ses mans is op verskillende geleenthede by OR Tambo Lughawe gevang, Ugburo, in Desember 2011.

Borg is toegestaan aan die mede-beskuldigde, wie se besonderhede nie bekendgemaak mag word nie, maar hy het gevlug.

’n Lasbrief is uitgereik vir hom en die ander vier bedrieërs, wat tot op hede nog nie opgespoor kon word nie, maar die slagoffer se R4 miljoen onderverdeel het.

Ugburo is op twee diefstal klagtes en een klag vir die oortreding op die wet van georganiseerde misdaadvoorkoming, aangekla.

Sy regspan het egter tydens mediasie onderhandelinge ’n terugbetalingsooreenkoms met die staat gesluit, en R2,3 miljoen is deur Ugburo aan die slagoffer terugbetaal, en die klagtes teruggetrek.

Die ooreenkoms is gesluit nadat die staat ’n suksesvolle batebeslagleggingsbevel teen hom verkry het, waarmee die staat, beslag sou lê op al sy eiendom, bankrekeninge en bates van sy besighede.

Skulderkenning ten spyte, kan Ugburo ongelukkig nie uit die land geskop word nie, want hy is ’n Suid-Afrikaanse ID-houer, wat getroud is met ’n Suid-Afrikaner.

“Ons werk onverpoosd om die ander vas te trek en tot verantwoording te bring,” sê a/o Lombaard.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button