Crime

Inwoners swaar gebuk onder diefstal

Misdadigers was druk besig oor die naweek. Paniekbevange Middelburgers het Donderdag en Vrydag by die Middelburg Observer gekla oor 'n bende boewe wat in die middedorp werksaam was.

Hulle het in ‘n kort tydjie ‘n selfoon, sweismasjien en skootrekenaar uit motors in Bhimy Damanestraat gesteel.

Twee gesinne in Middelburg se honde het oor die naweek gif in gekry. Die Mclellan gesin in Mineralia sê dat daar Saterdagoggend ‘n groep mans met ‘n trollie met kantsnyer en grassnyer by hulle kom aanklop het om hul tuin skoon te maak.

Hulle is weggewys maar terwyl die mans weggestap het, het Vicky Mclellan gesien dat haar boerboel teef aan iets kou. Sy is Saterdagaand dood. Die gesin het gedurende hul beurtkrag van 20:00 tot 22:00 gespanne gesit en wag vir iets om te gebeur.

Die Barnard gesin bly in Dennesig. Barries Barnard het vertel hoe hy uit die huis is om ondersoek in te stel toe sy veghond teef vir die soveelste maal geblaf het. Hy het sy hek oop aangetref. Sy veghond reun het op die gras gelê en ruk. Boewe het sy motorhuis oopgebreek en drie motorfietste en ‘n trapfiets gesteel.

“My seun spaar al ‘n hele jaar om vir hom ‘n motorfiets te koop. Hy het hom verlede week gekoop. Dit maak mens se hart swart.”

Beide die Barnard gesin se honde kon deur ‘n veearts deurgehaal word.

• Nog ‘n gesin in Dennesig se honde is vergiftig. Hulle kon egter nie voor druktyd bereik word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button