Crime

Warm op dief se spoor

Nuwe inligting het die polisie warm op die spoor van 'n verdagte wat met die vlaag motorhekdiefstalle verbind kan word.

Nadat daar ‘n video op die Middelburg Observer se webblad geplaas is van ‘n gesette man wat ‘n motorhek in Renosterstraat steel, het verskeie mense die koerant gebel en dieselfde man as verdagte geïdentifiseer.

Tussen 13 en 17 Desember is 12 motorhekke in Gholfsig en Kanonkop gesteel.

‘n Inwoner van Kanonkop vertel dat sy ‘n verdagte persoon in haar straat opgemerk het.

Sy het die man ook as geset beskryf en gesê dat sy hom opgemerk het omdat hy teen ‘n slakkepas in die straat afgery het. Haar hekmotor is later gesteel.

Kaptein Khanyisile Zwane van die Middelburg polisie sê dat daar nog geen hekmotordiefstalle vir Januarie aangemeld is nie. Vir die verdagte persoon om ingeneem te word vir ondervraging moet een van die klaers in die diefstalsake na die polisie gaan en die ondersoekbeampte verwittig dat hulle ‘n spesifieke persoon verdink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button