Crime

Hilux by huis gesteel

Die herrie was Dinsdagaand los in Aerorand waar 'n gewapende roof en voertuig diefstal ure uit mekaar plaasgevind het.

Jay-Jay van der Walt sê dat hy heel agter in die Alta Villa kompleks in Seinheuwelstraat bly. Toe hy net na 06:00 wou werk toe ry, was sy Toyota Hilux enkelkajuit bakkie skoonveld.

Mnr. Van der Walt sê dat daar geen tekens is dat hulle een van sy voertuig se venters uitgeslaan het nie en dat die hek van die kompleks steeds op sy spoor was.

Die bakkie is silwer van kleur met ‘n swart en wit ZA plakker agterop en ‘n Save The Rhino plakker onder die ZA plakker.

Buiten vir die verlies van sy voertuig was mnr. Van der Walt se wapenlisensie, identiteitsboekie en sy beursie daarin.

“Dit voel op die oomblik of ek nie bestaan nie.”

Die saak word tans deur die polisie ondersoek.

• ‘n Huishulp is Dinsdagmiddag in Stormsrivierstraat deur twee gewapende mans aangehou. Hulle het ‘n skootrekenaar en platskerm televisie gesteel en in ‘n voertuig gevlug. Die polisie volg tans leidrade op.

Kapt. Khanyisile Zwane van die Middelburg polisie het mense wat bedags tuis is gemaan om hul deure gesluit te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button