Crime

Steek jou Hilux weg

Sindikate wat hul toespits op die diefstal van Toyota Hilux bakkies is hard aan die woeker.

Die Middelburg Observer is bewus van vyf sulke bakkies wat in die afgelope maand gesteel is. Twee daarvan, wat aan dr. Neil Fourie en sy seun behoort het, is in Lynnwood in Pretoria gesteel.

Dr. Fourie, bekende veearts, sê dat hy en sy seun oppad Bloemfontein toe was. Hy het sy bakkie voor sy seun se huis in Lynnwood Ridge gelos en saam met hom in sy splinternuwe Hilux gery.

Met hulle terugkeer was sy bakkie weg. Toe dr. Fourie dit by die Garsfontein polisiestasie gaan aanmeld, het die polisieman gelag en gesê sy bakkie is lankal in Soweto.

Skaars twee weke daarna is sy seun se bakkie, met net meer as 1 000 kilometer op, ook voor sy huis gesteel.

•Jay-Jay van der Walt se bakkie is in Maart voor sy meenthuis in Aerorand gesteel.

•Volgens kaptein Khanyisile Zwane van die Middelburg polisie, is daar in Maart ‘n Hilux bakkie in Mhluzi gekaap. Die laaste sein van die voertuig se opsporingsisteem is in KwaMhlanga gekry. Nog ‘n Toyota bakkie is op die Slaghoekplaas gesteel.

Daar word gesê dat die feit dat ‘n Hilux se raamwerk ooreenstem met die van ‘n Toyota minibus en dus maklik in een ombou kan word, die hoofrede is vir hul gewildheid onder diewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button