Crime

Video: Trane loop toe rowers toeslaan

"As my bras van Nasaret hoor wat gebeur het, gaan sort hulle die klomp tsotsies sommer nou uit bru," het mnr. Paul Masango Dinsdag in sy OK Furniture stoel met suikerwater en snesie in die hand, gewaarsku.

Met OK verkoopsvroue wat om hom kloek, het mnr. Masango met natgehuilde wange vertel hoe hy deur twee mans van R5000 beroof is, reg oorkant die poskantoor vroeër die dag.

Tussen emosionele uitbarstings het hy gereeld gewys na die rooi merk in sy gesig waar sy ID boek hom getref het, “sien hulle soek mos net die kontant,” verduidelik hy.

Mnr. Masango was op pad bank toe om die geld te gaan deponeer, toe hy aangeval is voor Geen & Richards.

Hy vermoed die mans het gesien hoe ‘n vriend hom aflaai en die kontant aan hom oorhandig.

“Ek is skielik van agter om die nek gegryp en op die grond neergeslinger,” sê mnr. Masango.

‘n Tweede boef het een van sy bene op die grond vasgetrap, terwyl die man wat hom omgetrek het, deur sy sakke gesnuffel het vir kontant.

Mnr. Masango sê die booswigte het net so vinnig soos hul toegeslaan het, weer gevlug.

Hy sê Somaliese sakemanne het hom te hulp gesnel, maar was te laat weens die spoed waarmee die rowers hom oorrompel het.

Daarna is ‘n erg emosionele mnr. Masango ook deur Dagbreek Apteek se vroue gelawe.

Met oë wat swem in die trane, het hy stadig sy pad polisiestasie toe aangepak waar hy sê hy die trekpas gekry het.

Hy het eindelaaste by OK Furniture in mekaar gesak waar verskoopsdames die Observer ontbied het.

Daar gekom het die Middelburg Observer ‘n video, wat op www.mobserver.co.za besigtig kan word, van mnr.

Masango geneem waar hy sy verhaal vertel.

• Kort nadat mnr. Masango by die Observer kom aanklop het vir hulp, het mnr. Johan Janse van Rensburg, ‘n plaaslike pensioenaris, ook kom kla oor die vlaag misdaad in die middedorp.

Mnr. Janse van Rensburg sê hy is sedert November verlede jaar al vier maal by die Checkers-sentrum beroof, net nadat hy geld by Capitec getrek het.

“Die eerste maal het hulle my met messe beroof, die tweede maal is hy soos mnr. Masango vasgegryp en deursoek en die derde keer, op 29 Mei, is hy agter die stuur van sy kar geteiken en sy hempsak met kontant daarin van sy lyf geskeur.

“Daar was ook die voorval in Desember waar ek ‘n rower in my kar betrap het,” sê mnr. Janse van Rensburg.

Hy sê dat die boosdoeners met elke roof bloot weggestap het sonder enige haas, en selfs geglimlag en vir hom gewaai het.

Soos in mnr. Masango se geval waar sy ID boek vir hom teruggegooi is, sê mnr. Janse van Rensburg dat die rowers ook deur sy besittings is en onbruikbare kaarte na hom teruggegooi het.

“Die situasie ruk nou heeltemal hand uit, maar om elke keer Mall toe te ry net om kontant te trek, gaan ook nie werk nie,” kla hy.

Hy sê hy het nog nooit met ‘n besoek aan dié spesifieke deel van die middedorp, enige polisiepatrollies opgemerk het nie.

“Waar is ons polisie?” vra hy.

•Die polisie het erg onder skoot gekom tydens die sakekamer se vergadering rakende ‘n omkeerstrategie vir die sentrale sakekern.

Die feit dat die polisie die oorlog teen misdaad in die sakekern verloor, dra drasties by tot die verval daarvan.
Lees die berig en kommentaar oor die vergadering elders in vandag se uitgawe.

•Die polisie het bloot op die Observer navrae oor hul betrokkenheid in die sakekern gesê “ons doen 24/7 patrollies en vra dat inwoners asseblief alle misdade rapporteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button