Crime

Stywe boete maar lesing wys anders

'n Sakeman van Pretoria sê die provinsiale verkeersdepartement se spoedkameras lieg soms. Mnr. Dwayne Crous (30), wat vir Atlas Copco as produkspesialis werk, sê hy het 'n Cartrack in sy maatskappyvoertuig en dat sy spoedkontrole op 125km/ph gestel is.

Hy sê dat die spoedkontrole effens afdeins van die gestelde spoed, en hy dus permanent 111km/ph in 120km/ph sones ry, soos Dinsdag die geval was toe hy kort voor die Samora Machel-afrit op die N4 afgetrek is.

Hy is op die plek ‘n boete van R1500 gegee omdat hy volgens hulle lesing 149km/ph gery het.

“Ek het ‘n kalibrasie-sertifikaat van die spoedmeter gevra en ‘n foto daarvan geneem om, sou dit tot die punt kom, in die hof te betwis,” sê mnr. Crous.

Hy het aangebied om vir elk van die vier verkeersmanne ‘n Coke en emmer KFC hoender te koop, as een van hulle sou instem om saam met hom in die bakkie te klim en sy Cartrack lesing met hulle spoelesing te vergelyk.

“Hulle het natuurlik geweier en gesê ek moet die boete by hul kantore gaan betwis,” sê mnr. Crous. Mnr. Crous sê hy het die verkeersmanne lank voor hy afgetrek is gewaar en was beslis binne die spoedperk.

“Mense wat op 13 Oktober voor daai afrit afgetrek is, moet dalk hul boetes bevraagteken,” sê mnr. Crous.

Hy gaan beslis die boete betwis en sê R1500 is verseker nie kleingeld om te betaal vir iemand anders se foute nie.

“Die probleem is, mense word geïntimideer en sleg behandel, en daar is geen manier om met die verkeersmanne te redeneer nie, dus betaal motoriste maar,” sê hy.

Hy sê dat die vooruitsig om die boetes in die hof te gaan betwis, mense ook ontsenu en daartoe bydra dat motoriste wat verkeerdelik beboet word, maar die boetes betaal.

Mnr. Crous het die Observer van sy Cartrack lesings, van die Tolhek tot by die punt waar hy afgetrek is voorsien, en dit wys dat hy tot ‘n maksimum van 125km/ph versnel het tussen die tolhek en die punt waar hy afgetrek is.

Die lesings wys egter hy het 111km/ph gery waar hy afgetrek is, en sy spoed vinnig tot 0km/ph verminder waar hy die boete gekry het.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button