Opvolg: Prostituut wys boude, borste
Met die sukkelende ekonomie is dit nie net supermarkte wat na drastiese bemarkingstatistieke gryp nie.

Die prostitute in Meyerstraat word kort-kort verkla dat hulle met amper niks aan in die straat staan om kliënte te lok.
Daar was verlede week byna ‘n ongeluk voor een van die huise toe ‘n verbygaande motoris so hard rem getrap het, dat ander voertuie moes uitswaai om hom nie te tref nie.
Nog ‘n vrou het kom kla dat sy haar kind se kop onder haar motor se paneelbord moes indruk toe ‘n prostituut haar privaatdele in die straat ontbloot het.
Middelburg Observer redaksielede het die vrouens gaan konfronteer. Drie vrouens, in ‘n haglike toestand, het voor die groen huis in Meyerstraat gesit.
“Ek is nie van hier nie, ek is van Swaziland,” het een van die vrouens, in ‘n baie kort rokkie sonder onderklere, bitsig geantwoord.
Die vrouens het met verveelde uitdrukkings op hul gesigte onderneem “om meer bedagsaam te wees.” Dit is duidelik dat hulle dink dat hulle ontasbaar is.
Mens kan nie help om jouself af te vra wie hulle daardie mag gegee het.
Hoekom die polisie nie optree om ten minste arrestasies vir openbare onsedelikheid of uitlokking te maak, as hulle dan nie die kennis of energie het om ‘n lokval te stel en die vroue vir prostitusie te arresteer nie.
Wanneer gaan iemand ons lakse owerhede, wat sit en toekyk hoe die kanker in ons dorp versprei met amper dieselfde verveelde uitdrukkings op hul gesigte as die prostitute, verantwoordelik hou?
Read related stories here:
Sex tade blooming in Middelburg
Video: Brothel, shebeen raided
Video: Brothel closed for hours
Video: Prostitutes ‘fight over client’
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
