Crime

Geen borg vir Oscar

Die man wat aangekla is vir die moord op Belfast inwoner Cindy Swanepoel, het sy borgaansoek laat vaar.

Daar is hierdie week verneem dat Oscar Ndlovu, wat Woensdag in Machadodorp in die hof om borg sou aansoek doen, besluit het om sy planne eerder te laat vaar en Kersfees in die tronk deur te bring.

Ndlovu het na bewering vir Cindy Swanepoel in die kop geskiet in die teenwoordigheid van ‘n poligrafis, Corne Botha, nadat daar ‘n poligraaf toets op hom gedoen is tydens ‘n ondersoek oor dieseldiefstal by hul werkplek in Belfast.

Ndlovu sal weer op 14 Desember in die hof verskyn vir ‘n uitstel en sodat die dossier, waarvan die ondersoek klaar afgehandel is, na die Departement van Openbare Vervolging gestuur kan word vir beslissing en ‘n hooggeregshof datum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button