Crime

Rowers steeds op vrye voet

Die gewapende roof by die Sasol-vulstasie in Meyerstraat is steeds onopgelos.

Vier mans het die vulstasie verlede Dinsdag beroof en die kassier, opsiener en ’n veronderstelde kliënt aangehou.

Twee van die rowers was met 9mm pistole gewapen en een van die mans het vergeet om sy balaklawa aan te sit.

Die rooftog het sowat 15 minute geduur en die rowers is weg met drie geldlaaie waarvan twee geld ingehad het.

Volgens die polisiewoordvoerder, kapt. Khanyisile Zwane, is daar nog geen arrestasie gemaak nie en is die polisie steeds besig met die ondersoek.

Indien enigiemand inligting het wat met die ondersoek kan help, bel die Middelburg Speurtak by 013 249 1440.

• Die video van die rooftog kan gesien word by www.mobserver.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button