Seuntjie (6) ontvoer
Middelburg inwoners word versoek om op die uitkyk te wees vir 'n ses-jarige seuntjie wat vroeer vandag ontvoer is.

Na wat verneem word is klein Okkert vanoggend (Saterdagoggend) deur sy stiefpa uit Pretoria ontvoer. Daar is later inligting ontvang dat hulle dalk in Middelburg kan wees nadat Okkert se ma boodsksppe gekry het waarin sy ontvoerder dreig dat hy die seuntjie gaan seer maak.
Lees: Vrou deur man met mes ontvoer
Okkert en sy stiefpa, Johan Smit, is laas in ‘n wit Ford Fiesta met die registrasienommer ND 28 FB GP gesien waarvan die voorste ruit aan die regterkant gekraak is.
Kyk: Video – Wou mans kind ontvoer?
Mnr. Smit word beskryf as ‘n man van 48 met donker hare. Hy het laas ‘n groen hemp, denim en swart formele skoene aangehad en het ‘n keps gedra. Okkert het laas wat hy gesien is ‘n blou Tom and Jerry t-hemp aangehad met ‘n blou denim en plakkies.
Lees: Man probeer seun by sentrum ontvoer
Indien iemand hulle gewaar moet hulle dadelik die Middelburg polisie kontak.

Ander nuus:
Renoster by Loskop Natuurreservaat gestroop
VIDEO: Man spring uit brandende voertuig
Tienermeisies sit twee ure in Menlyn Mall hysbak vas
Klankgreep: Vermeende inbreker pas gevang
Waarskuwing: Maak seker jy hou jou boetestrokies
Gemeenskap help om lyke, kiste uit te dra voor vuur Avbob verswelg
Wat doen jy as daar ‘n mes teen jou bors is?
Vrou het visioen van ongeluk – sterf later
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
