Crime

Gee later R2 000 boete

Net 'n dag nadat 'n verkeersvrou sommer self omkoopgeld uit 'n man se beursie gehaal het, het sy dieselfde man met R2 000 beboet.

Bekende afslaer Christi Lötter se boete is wel hierdie week deur die aanklaer verminder na R200, maar hy voel die gemeenskap moet weet wat onder hul neuse gebeur.

Net etlike dae voor Kersfees is hy oppad na die N4 (Fonteinstraat-afrit) deur die verkeer afgetrek.

‘n Verkeersvrou het na sy voertuig aangestap gekom en deur die venster met hom begin praat. Sy het nié gevra vir sy lisensie nie, “maar heeltyd net gevra, “where is your purse?” Mnr. Lötter het dit baie vreemd gevind, maar tog sy beursie uitgehaal en vir haar gewys.

Sy het doodluiters haar hand in die beursie gedruk, R100 uitgehaal en vir hom gesê: “you may proceed.”

‘n Dag later het hy sy tuinhulp in Mhluzi gaan aflaai. Naby die Mhluzi Mall (Uitbreiding 3) het hy by ‘n stopstraat stilgehou. Die stopteken is agter ‘n muur versteek en ‘n mens kan glad nie aankomende verkeer sien nie.

Nadat hy gestop het, het hy nog vorentoe gery om te kyk vir verkeer, waarop ‘n verkeersvrou voor hom ingespring het.

Sy het hom dadelik beskuldig dat hy nie by die teken gestop het nie en mnr. Lötter het haar daarop gewys dat die teken versteek is. ‘n Argument het ontstaan, waarop nóg ‘n verkeerslid aangestap gekom het om te kyk wat aangaan.

Die vrou het skielik haar vrae en houding verander en gevra vir sy lisensie. Mnr. Lötter het ‘n gesertifiseerde afskrif van sy lisensie gewys. Hy het verduidelik dat sy identiteitsboekie, waarin sy lisensie ook is, by sy sekretaresse is, aangesien sy die lisensies vir van sy ander voertuie gaan uitneem het.

Die vrou wou nie die afskrif aanvaar nie en het hom met R2 000 beboet, omdat hy dit nie by hom gehad het nie. “En net die dag vantevore het sy nie eers gevra vir my lisensie nie, maar sommer net R100 uit my beursie uit gevat!” het hy omgekrap gesê.

• Mnr. Lötter het ‘n foto van die verkeerslid geneem op die dag wat sy die R100 by hom gevat het. Hy is deur die aanklaer geadviseur om die kwessie by die verkeersafdeling te gaan aanmeld.

• Me. Pamela Mkosi (Waarnemende Hoof: Verkeer, Wetstoepassing en Veiligheid, Steve Tshwete Munisipaliteit) het gesê dat mnr. Lötter die kwessie met haar kan bespreek vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button