CrimeBreaking News

Nuusflits: Jong man in kop en sy geskiet

Twee jong inwoners van Middelburg is laasnag gewond in ’n klein oorloggie waar verskeie skote op hulle voertuig geskiet is.

“My foon het gelui, maar Hardus het nie gepraat nie. Die volgende oomblik het ek die skote hoor klap!” het ’n geskokte mnr. Gerhard Truter vroeg vanoggend (13 Mei 2016) gesê.

Hy sê die twee jong mans, sy seun, Hardus (24), en sy vriend, Marno van Tonder (24), het gisteraand (Donderdag) gou iets by Amazon’s Restaurant in Middelburg geëet.

Nadat hulle klaar geëet het, het Hardus besluit om vir die naweek by sy pa in eMalahleni te gaan kuier.

Hulle het omstreeks 23:00 met Marno se Ford Bantam gery op die ou Middelburg/eMalahleni pad en lekker gesit en gesels, toe ’n wit voertuig hulle verby gesteek het naby die Olifantsrivierbrug.

Mnr. Truter sê hulle het vir hom vertel dat die insittendes van die voertuig nog vir hulle gewaai het, maar die volgende oomblik het die skote geklap.

Mnr. Truter het op dieselfde oomblik die skote hoor klap en was buite homself van bekommernis.

“Minute later het hulle by die hek gestop. Ek het gewonder waarom hulle nie inry nie. Hardus het aangestap gekom en in my arms inmekaar gesak. Eers toe het ek die bloed aan sy kop gesien! Weet jy hoe voel ’n pa as jy sien jou seun is in die kop geskiet!”

Mnr. Truter het dadelik sy seun ondersoek en die gat in sy voorkop gesien. Marno het ook aangestap gekom en mnr. Truter verseker dat hy niks makeer nie.

Marno het egter skielik pyn op sy maag begin kry en mnr. Truter het hom op sy bed laat lê, terwyl hy ’n ambulans ontbied het.

Lees verwante stories hier:

Exclusive video of ATM bombings at Midwater Centre

Terwyl hy vir die ambulans gewag het, het hy gou uitgehardloop na die bakkie om hul persoonlike dokumente te kry vir die hospitaal, waarop hy al die gate in die voertuig gesien het.

Hy is terug kamer toe, waarop Marno regop gesit het en in duidelike pyn was. Op hierdie stadium het mnr. Truter besef dat Marno moontlik ook raakgeskiet is.

Met die ambulans se aankoms het Marno se toestand so versleg dat hy begin braak het.

Hardus en Marno is na die Kosmos Hospitaal in eMalahleni afgevoer, waar daar met ondersoek gevind is dat skrapnel Hardus in die voorkop getref het. Dit kon nie verwyder word nie en hy is dieselfde nag ontslaan.

’n Projektiel het Marno in die sy getref en van sy ingewande beseer. ’n Noodoperasie is gedoen en hy is in die intensiewe eenheid van die Kosmos Hospitaal opgeneem.

• Beide die seuns is woonagtig in Middelburg.

• Mnr. Truter sê na aanleiding van die gate en koeëlpunte wat in die voertuig gekry is, lyk dit of daar met ’n 9mm pistool op die kinders losgebrand is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button