Skroewedraaier met bloed by dief
’n Skroewedraaier met bloed daaraan is by ’n verdagte gevind wat by Hoërskool Kanonkop gearresteer is.
Lede van Middelburg Zello 911 en GPF Sektor 4 het Maandagmiddag omstreeks 16:30 twee verdagte mans by Hoërskool Kanonkop opgemerk.
Die twee het palette, wat by die skietbaan gestaan het, gegryp en bo-oor die palissades by die skool na buite gegooi.
Volgens een van die lede het hulle die twee vasgetrek, waarop hulle ’n skroewedraaier met bloed daaraan, by een van die booswigte gevind het. Die skroewedraaier is aan die polisie oorhandig.
• Mnr. Martin Fourie (hoof, Hoërskool Kanonkop) het klagtes van diefstal aanhangig gemaak.
• Nkosana Martin Matibula (24) en Elvis Moosi Shongwe (30), beide van Mhluzi, het Dinsdag in die hof verskyn. Borg is geweier en is die saak na Maandag uitgestel vir formele borgaansoek.
Lees nog stories hier:

