CrimeUpdate

Opvolg: Nog steeds geen verslag

Meer as ’n maand nadat opdrag gegee is dat ondersoek ingestel word na die verval by die Middelburg Hospitaal en me. Bets Claassen se afsterwe, is steeds geen amptelike verslag beskikbaar nie.

Me. Claassen het op 17 April in dié hospitaal gesterf.

Sy is nie dood aan dit waarvoor sy opgeneem is, ’n gebreekte heup nie, maar weens septisemie wat sy in dié hospitaal opgedoen het weens bedsere. Bedsere wat sy daar gekry het.

Haar kinders het sedert die bedsere begin het, vrae gevra aan personeel, maar hulle is met aggressie beantwoord.

• ’n Prokureur wat die bedseerwonde gesien het, het gesê dat die wonde lyk soos “n plaasaanval.”

• Me. Jermina Reneiloe Marakala (Direkteur Generaal Ondersteuning, Kantoor van die Premier, Mpumalanga Kantoor) het al middel April gesê dat hulle opdrag gegee het dat die Mpumalanga Gesondheidsdepartement die saak moet ondersoek. Sy het gesê “dat hulle wag vir die verslag en dat hulle dit aan die koerant beskikbaar sal stel, sodra hulle dit ontvang het”.

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Verslag wys skokkende wonde

Opvolg: Bets – die statige ouma skou

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’

Vrou se bedsere vrot

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

Tot op hede het die Observer nog nie die verslag ontvang nie.

• Mnr. Eric Mokonyama, Mpumalanga Provinsiale Bestuurder, Menseregtekommissie, het ’n paar weke gelede gesê dat hy die kwessie onder die aandag van die Hoof van die Departement van Gesondheid in die provinsie gebring het.

Hy het gevra dat daar ’n ondersoek gedoen word oor die omstandighede van me. Claassen se dood en dat daar ook gekyk word na die standaard van die algemene gesondheidsdienste by die Middelburg Hospitaal.

• Mnr. Steyn Mashabane, privaat sekretaris van die LUR van Gesondheid, het gedurende die eerste week van Mei gesê dat die klagtes oor me. Claassen reeds gestuur is aan die Hoof Uitvoerende Beampte van die Middelburg Hospitaal en die Hoof van die Departement van Gesondheid en dat hy wag vir terugvoer.

Die waarheid bly die waarheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button