Crime

Motorfiets laasnag gesteel

’n Motorfiets is laasnag in Hoogstraat gesteel. Volgens mnr. Martin Coetzee het hy die naweek na sy broer op Middelburg verhuis. Hy het gistermiddag die motorfiets se uitlaatpyp laat regmaak en hom parkeer langs sy broer se bakkie onder die afdak.

“Toe ek vanoggend uitkom, was my motorfiets weg! Ek sou met hom Pretoria toe gery het vandag om te gaan vir ’n onderhoud!” Dit is ’n BMW 1150R, 2002 model, registrasienommer NRM 396GP.

Mnr. Coetzee sê die motorfiets was nie van die straat af sigbaar nie.

Die diewe het die palissadehek van die spoor af getel om toegang tot die erf te kry.

Die gesin se Rottweiler teef het nie alarm gemaak nie, aangesien sy aan die agterkant van die erf by haar klein hondjies was.

Lees verwante stories hier:

Klouter oor muur vir motorfiets

Vermoed sindikaat is betrokke

Motorfietse gesteel

Die booswigte het daarna die lugdraad van die bakkie afgebreek en die deur daarmee oopgemaak.

“Ek dink die oomblik toe hulle in die bakkie klim, het hulle my motorfiets gesien en besluit om hom eerder te steel!” het mnr. Coetzee gemeld.

Mnr. Coetzee het genoem dat dit die enigste van sy soort BMW motorfiets in die dorp sal wees.

As enigiemand inligting het, kan hulle mnr. Coetzee bel by 060 970 9135 of kol. Phila Mahlangu (speurtak bevelvoerder) by 076 942 5455.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button