Crime

Nuusflits: Rottweiler verjaag rowers

Was dit nie vir ’n kwaai rottweiler nie, het vier rowers waarskynlik ’n vrou in ’n woonstel aangehou.

Volgens mnr. Eugene Strydom het die huurder van hul woonstel in Impalastraat omstreeks 12:00 vandag (Donderdag) na buite gekyk wat aangaan toe ’n alarm afgaan, wat gekoppel is met een van die buite alarmogies.

Sy het gesien dat ’n rooi VW Golf, sonder nommerplante in die oprit staan.

Op dieselfde oomblik het drie mans uitgeklim. Een het ’n balaklawa gedra en die ander twee musse. Die bestuurder van die voertuig, wat ook ’n mus gedra het, het in die voertuig bly sit.

Sy het opgemerk dat al drie die mans wat buite staan, handwapens het.

Die volgende oomblik het een van die drie oor die muur gespring en sy het gehardloop om die gesin se rottweiler oop te maak. Daarna het sy na haar woonstel gevlug vir veiligheid.

Sy het die Strydoms in kennis gestel, waarop hulle die radiogroepe en die GPF in kennis gestel het.

Die vrou het weer by die venster uitgeloer, en gesien dat die voertuig reeds begin ry het en dat ’n man nog agterna hardloop om in te spring. Net voor hy ingespring het, het die vrou gesien dat hy ’n koevoet in sy hand het.

Dit is nie duidelik of die hond wel kans gehad het om hom beet te kry nie, maar hulle is oortuig daarvan dat die booswig moes vlug om uit sy kake te kom.

Lees ander verwante stories hier:

Video: Inbreker kom sy moses tee met boerboel

Dief kom sy Boela teë

Boerboel makes name in US

Opvolg: Boela verslind die web

• Mnr. Strydom sê dat hulle die rooi Golf gereeld in die omgewing gesien het.

• Lede van GPF Sektor vier het die voertuig sien jaag uit in Springbokstraat, waarna dit ingedraai het op die Stoffbergpad. Hulle het dadelik boere in die omgewing gewaarsku om versigtig te wees, omdat die groep gewapen is.

Hulle het ook aangedui dat hulle die polisie van Laersdrif in kennis sal stel dat die groep in daardie omgewing gery het. Daar is egter genoem dat hulle kon vlug op enige van die afdraaipaaie, soos Elandslaagte, om op ander hoofroetes te kom.

Send a message to our SMS line with the word Talk to 33658 (SMS cost R1,50) or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button