Kar tref boom na jaagtog
'n Voertuig wat weggejaag het vir die polisie, het Sondag in die vroeë oggendure in 'n boom in Piet Groblerstraat vasgejaag.
Die verkeersdepartement het Saterdagaand motoriste in Cowen Ntulistraat afgetrek en getoets vir dronkbestuur.
‘n Swart Ford Fiesta het verby gejaag en is dadelik agterna gesit.
Die voertuig het deur die dorp gejaag en sonder ligte afgedraai in Protea- en vandaar na Sipresweg. Dit blyk of die bestuurder in Piet Grobler (Dennesig) opgejaag het om weer in die rigting van die Loskopdampad te kom.
Hy het hom in die donker egter misgis, waarop die voertuig eers die sypaadjie en daarna ‘n boom getref het.
Die bestuurder van die voertuig is gearresteer. Teen druktyd het hy nog nie in die hof verskyn nie en mag sy naam nie genoem word nie.
• Die insittendes in die voertuig het slegs ligte beserings opgedoen.
Lees ander stories hier:
Video: TRAC accident simulation on N4
3 Children dead after tree slices through car
