Rylopers bedwelm en besteel
Twee mans het Maandag geryloop naby die begraafplaas op die N11 net buite Marble Hall toe hul met tou agter 'n bakkie aangesleep is, aangerand en besteel is.

Volgens Mercia Blake van Life 24, het ’n rooi en wit dubbelkajuit bakkie by die mans gestop, hul aangerand, vasgemaak met ’n tou aan hul arms en vir 40 meter agter die bakkie aangesleep.
“Die bakkie het gestop en die mans verder aangerand en hul van hul salarisse en besittings besteel. Met ons aankoms op toneel het een van die mans, Sipho Mutiminye erg gebloei, sy kakebeen is stukkend geslaan en hy was baie deurmekaar. Hy het bly sê dat hy ingespuit is. Met verdere ondersoek het ek die merk van ’n inspuiting in sy nek gevind. Ek vermoed dat die man dalk met Nyaope ingespuit kon wees omdat hy deurmekaar en paniekerig was en gehallusineer het. Hy kon nie eers sy naam onthou nie,” sê me. Blake.
Read other stories here:
Update: Crying ‘victim’ Sonto Skosana arrested
Volgens konstabel Lethunya Mmuroa is daar nie ’n saak by die polisie geopen nie. Hy sê dat mense soms te getraumatiseerd is om ’n saak te open.