Kyk uit vir blou bakkie!
’n Blou Nissan Hardbody sonder nommerplate was betrokke by twee voorvalle in Aerorand, waartydens ’n huis se deur onder meer oopgeskop is.
Tydens die eerste voorval in Dwykastraat (Aerorand Wes) het die blou bakkie voor die erf gestop en die palissade hek van die spoor afgetel.
’n Vrou wat aan die agterkant bly, het die inbrekers gesien en op hulle geskree.
’n Halfuur later, omstreeks 12:00, het die blou bakkie voor ’n huis in Skurwebergstraat gestop en ook die hek van die spoor afgetel.

Die huishulp (wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word) het deur die venster die groep gesien en in een van die kamers gaan wegkruip. Sy het intussen die huiseienaars, mnr. en me. Zacharia en Taryn Coetzee gebel.
Die drie boosdoeners het die soliede voordeur oopgeskop en hulself gehelp aan drie plasma televisiestelle, juwele en ’n skootrekenaar en doodluiters weer weggery.
• Indien iemand die bakkie gewaar, moet hulle dadelik die polisie in kennis stel.
Lees ander stories hier:
Hobo’s sell zol, make fires at unfinished house
Update: ‘Oaks Centre gang’ in court
Video: Man killed in cold blood
