(Grafiese Inhoud) – Perd gekastreer, doodgeslaan
’n Perdehings is op wrede manier gekastreer en doodgeslaan op ’n plaas in die Uitkyk omgewing naby Middelburg.
Die geskokte familie aan wie die perd behoort het gevra om anoniem te bly, omdat hulle vrees dat hul ander perde ook geteiken kan word.
Die eienaar het vertel van die wrede toneel waarop hy afgekom het toe hy na hul troeteldier gaan soek het.
Tekens en spore op die toneel dui daarop dat die hings deur ’n groep mense vasgekeer is agter ’n bultjie in die kamp waarin hy geloop het. Krapmerke en bloederige gate op die perd se rug wys dat hulle hom met toue of kettings met hakke aan, op die rug gekap en omgepluk het. Die perd se geslagsdele is toe versigtig uitgesny en hy is met ’n stomp voorwerp oor die kop doodgeslaan.

“Ons sukkel om ons vertroue in die mensdom te behou as daar iemand daar buite loop wat dit aan ’n onskuldige dier kan doen,” sê die gesin.
Die hings, ’n Boerperd Arabier kruising, was so ’n geliefde perd dat verskeie mense al aangebied het om hom te koop.
“Hy het ’n lieflike temperament gehad. Dit is ondenkbaar hoe iemand hom so kon martel,” sê die man.
“As jy dink ’n hond is jou beste vriend, het jy net nog nooit ’n perd besit nie. Perde is ongelooflik sensitief. Toe my vrou erge pyn gehad het, het een van die merries na haar gestap en haar kop presies daar gesit waar die pyn was, so asof sy die pyn wou help weg kry. Dit voel asof een van my familielede vermoor is.”
Die Middelburg polisie ondersoek tans ’n saak van opsetlike saakbeskadiging en dierewreedheid.
Die familie het laat weet dat inligting daarop dui dat die daad moontlik deur ’n sangoma uitgevoer is omdat perde of donkies se geslagsdele gebruik word in doepas teen onvrugbaarheid en ontrouheid.

Navraag by die Tradisionele Geneesheerraad is gedoen maar steeds nie beantwoord nie.
Daar word ’n R2 000 beloning aangebied vir inligting wat to die opspoor van die boosdoeners kan lei. Enige iemand met inligting kan die www.mobserver.co.za bystandfoon bel by 072 248 3855 of ’n e-pos stuur na jana@mobserver.co.za.
Lees ander stories hier:
EFF causes stir during council inauguration
Groei baard groei! Jy het nog tyd tot Woensdag
Send a message to our SMS line 33 658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
