Video: Hierdie honde verdien ’n been!
Gee vir Vettie en Kolle elkeen ’n been! Dit is die algemene gevoel nadat twee staffordshire bulterriërhonde ’n betreder Sondagaand in ’n erf in Kanonkop platgetrek het.
Dit volg net nege maade nadat Boela die boerboel internasionaal bekend geword het, toe ’n video waar hy ’n betreder platgetrek het, deur www.mobserver.co.za op sosiale media geplaas is.
Die booswig wat deur Vettie en Kolle gevang is, het by die erf ingespring, waarop hy vir Vettie, die swart staffie, met ’n baksteen toegetakel het.
Dit het die honde egter net nog meer aggressief gemaak, waarop hulle hom platgetrek en teen die grond gehou het, totdat mense in die omgewing hom uit hul kake kon bevry.
Die betreder is deur paramedici op die toneel verbind, waarna hy na die Middelburg Hospitaal afgevoer is.
Lees ander stories hier:
Video: Inbreker kom sy moses tee met boerboel
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!


