Mid-Alarms sekuriteitsoffisiere Peter Jacobusen en Shane van Rooyen by die verdagte wat hulle vanoggend op heterdaad betrap het in die Methodiste Kerk in Bhimy Damanestraat.
Die booswig was beslis nie daar vir al die goeie redes nie, maar is gevang waar hy besig was om sy buit deur ’n gebreekte venster te tel!
Mid-Alarms sekuriteitsoffisier Peter Jacobusen sê hulle het kort voor 07:00 ’n alarm gekry vanaf die Methodiste Kerk in Bhimy Damanestraat.
Shane Jacobusen by die gebreekte venster waardeur die verdagte sy buit getel het.
Hy en sy kollega, Shane van Rooyen, het na die kerk gejaag en reg rondom die kerk beweeg. Die oomblik toe hulle aan die agterkant kom, het hulle gesien dat die een venster gebreek is en dat iemand besig is om artikels na buite te tel.
“Toe hy weer sy arm na buite steek om iets uit te tel, het ons hom aan sy arm na buite getrek en gearresteer.”
• Die verdagte sal later vandag in die hof verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.