Crime
Video wys hoe man by gholfdag aangerand word
Skokkende videomateriaal wys hoe ’n man Vrydagmiddag met die vuis bygedam word en geslaan is tot hy op sy knieë neersak.
Mnr. Alex Curtis het mnr. Ferdi van den Berg by die Middelburg Buiteklub met die vuis bygedam, na ’n woordewisseling wat by ’n gholfdag plaasgevind het.
• Die Middelburg Observer se Dinsdag uitgawe is reeds op straat waarin die volledige storie op die voorblad verskyn.
• Mnr. Van den Berg is tans in teater in die Life Midmed Hospitaal, waar ’n spesialis van Pretoria ’n oogvloervervanging doen. Sy oogkas is tydens die vuishoue vergruis.
• Mnr. Curtis, wat twee van sy vingers vroeër vanjaar verloor het toe ’n klapper in sy hand ontplof het, sê hy het sy hand tydens die voorval met mnr. Van den Berg weer beseer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
