Crime

Noudat Anika Smit se moordenaar na vore gekom het wil dorp weet

Wie het Middelburg se geliefde oudioloog vermoor?

Noudat Andreas Johannes van Wyk (Smiley) aandadigheid erken het aan die moord en verkragting van Anika Smit (17) smeek Middelburg die moordenaar van Igna Nortjé om ook na vore te kom.

Die skrander oudleerling van Hoërskool Kanonkop is vier jaar gelede vanaf haar huis in Dennesig ontvoer en later met ’n mes doodgesteek.

Iewers is daar iemand wat weet wat gebeur het. Haar moordenaar is soos Smiley van Wyk iewers daar buite.

Die omstandighede van die moord is ’n raaisel:

Waarom is daar eers ure met Igna rondgery?

Waarom is sy net koelbloedig doodgesteek?

Waarom is talle waardevolle besittings nie uit haar huis verwyder nie, indien dit ’n rooftog was?

Aan wie behoort die onbekende vingerafdruk wat in haar BMW gekry is?

Waarom vanaf Verena tot Middelburg ry om die ontvoering te doen, eers weer na buite Middelburg na ’n vulstasie, daarna na Stoffberg, Groblersdal en dan weer terug na die Verena omgewing?

Wie het die selfoon aan die man gegee wat later met Igna se selfoon betrap is?

Was dit ’n huurmoord?

En as dit ’n huurmoord was wie sit daar agter?

Lees vorige stories hier:

Igna se angs in bagasiebak

Ondersoek lewer niks op

Gestolde kar red vrou se lewe

Opvolg: Igna Nortjé moord

Update: Who murdered Igna?

• Me. Nortjé se pa, mnr. ST Potgieter, het na die moord ’n R100 000 beloning aangebied met die hoop dat dit sal help om die moordenaar vas te trek. Verskeie inwoners het later nóg groot kontantbedrae bygevoeg. Ondanks die groot bedrag was daar nog nooit enige leidraad nie.

• Die bevelvoerder van die Valke, kol. Faan Steenkamp, het gesê dat hulle steeds sporadies alle inligting opvolg, maar dat dit tot op hede niks positief opgelewer het nie.

Miskien is daar iemand wat net ’n stukkie inligting het of miskien is haar moordenaar manhaftig genoeg om na vore te kom soos Smiley van Wyk.

Jy moordenaar is dit verskuldig aan ’n dorp wat al vier jaar rou oor een van sy geliefde kinders.

Jy wat weet, doen die regte ding.

Bel 072 248 3855 nou!

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button