Crime

Laerskoolseun neem hom en versprei foto’s

Die seksbom wat drie weke gelede by HTS Middelburg gebars het, het ’n nuwe wending geneem!

Die skool is deur die mediaregspesialis, me. Emma Sadleir, beskuldig dat hulle die saak van die pornografiese videos en foto’s, wat leerlinge onder mekaar verspei het, en die daaropvolgende skep van die Instagram profiel, “skruf_middelburg_tek_memmes,” swak hanteer het.

Een van die land se bekendste kenners op die gebied van sosiale mediareg, me. Sadleir se kollega, dr. Lizzie Harrison, wat Dinsdag by Hoërskool Middelburg ’n praatjie gelewer het, sê dat dit onregverdig van die skool was om teen die meisies wat die pornografie vervaardig het, op te tree, maar nie teen die seuns wat dit versprei het nie.

HTS se waarnemende hoof, mnr. Hendrik Swanepoel, sê egter dr. Harrison het dit verkeerd, en dat die betrokke meisies en seuns, van die skool se leerlingraad nominasielys verwyder is.

Skokkende feite het tydens dr. Harrison se praatjie aan die lig gekom, onder andere dat twee 12-jarige Johannesburgse meisies aangekla word van strafbare manslag, nadat ’n 11-jarige skoolmaat selfmoord gepleeg het, omdat sy voortslepend deur die twee meisies op sosiale mediaplatforms geboelie is, ten spyte daarvan dat hulle deur me. Sadler en die polisie gewaarsku is om op te hou.

’n Maatskaplike werker het hierdie week ook aan www.mobserver.co.za onthul dat pornografie ’n reuse rol speel in die verbrokkeling van huwelike in Middelburg, waar die egskeidingsyfer die hoogste in die provinsie geag word.

Sy het ook gesê dat sy onlangs ’n geval hanteer het van ’n laerskoolseun wat pornografiese foto’s van homself geneem, en versprei het.

Volgens bestaande wette kan ’n kind bo 10-jaar krimineel aanspreeklik wees vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Kinders wat pornografie verder versprei kan ook vervolg word, het dr. Harrison tydens haar lesing gewaarsku.

Lees ander nuus hier:

Kuberseks skud fondamente van tegniese spogskool

Ten arrested for illegal fishing

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button