Nuusflits: Miljoene geroof in transitoroof
Plofstof en automatiese masjiengewere is vanoggend gebruik in ’n transitorooftog op die Vaalkranspad (Vandyksdrif), naby die Goedehoopmyn, waar moontlik R30 miljoen geroof is.
Noodberigte word al van kort na 08:00 af uitgesaai oor ’n transitorooftog waar ses rowers betrokke was.
Daar is aanvanklik gesê dat die booswigte in die rigting van Kriel weggejaag het in ’n grys Ford Ranger en ’n BMW X5.
Ooggetuies het egter bevestig dat dit net ’n BMW is en dat daar nou ook gesoek word na ’n goue Toyota Fortuner en ’n wit, nuwe vorm Isuzu bakkie.
Bronne sê dat die groep tans in die rigting van Gauteng vlug.
Inligting wat deurgekom het, sê dat een persoon lig beseer is.
Lees ander nuus hier:
Breaking News – Plane crashes at Botshabelo
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!