News

Vriende genooi om bekende Soon se lewe te vier

Soon was al die jare 'n bekende gesig by die stadsraad gewees.

Familie en vriende gaan volgende week Woensdag bymekaar kom om die geliefde man, pa, oupa en vriend, Soon Botha se lewe te vier.

Soon is na ‘n lang siekbed Dinsdag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Soon was ‘n bekende gesig by die Steve Tshwete Munisipaliteit waar hy 43 jaar ‘n bestuursposisie beklee het.

Sy roudiens word op 31 Julie om 11:00 by die Hervormde Kerk Noordgemeente gehou. Vandaar vertrek almal na die Hervormde Moedergemeente, waar almal by die gedenk muur byeen sal kom vir ‘n laaste totsiens.

Soon word oorleef deur sy vrou Cora, seuns Tinus en Niel, skoondogters Lee-Anne en Elna, kleinkinders Marthi-Lee en Schalk, sy broer en susters.

‘n Huldeblyk oor sy lewe sal in volgende week se uitgawe van die Middelburg Observer veskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button