Crime

VIDEO: Gewapende rowers slaan toe by Courier Guy

The Courier Guy is in die vroeë ure deur gewapende mans beroof.

Skade van om en by R2 miljoen is gely, nadat vier verdagtes die personeel in ’n hinderlaag gelei het.

Die besigheid is om 03:00 oorval, nadat twee groepe verdagtes in ’n VW Polo en ’n wit Fortuner, een van die drywers ingewag het.
Die vier is deur die Fortuner afgelaai, en hulle het aan die agterkant van die winkel se perseel oor die muur geklim.

Die takbestuurder, Maggie de Beer, sê hulle vermoed dat die rowers hulle fyn dopgehou het, omdat hulle presies geweet het hoe laat die drywer stop, om aflewerings te maak.

Die drywer, ’n personeellid wat die pakkies ontvang, en die sekuriteitswag, is toe hulle die deure oopmaak oorval en vasgebind. Die pakkies en ’n trok met al sy inhoud is geroof.

Area bestuurder, Johnny Moore, sê dat die rowers 1700 pakkies gevat het, en selfs warmwatersakke en die trokdrywer se kougom gesteel het.
Die trok is later deur die polisie opgespoor in ’n bos naby Tasbet Park in eMahlaleni. Al die inhoud is weg.

Die Courier Guy se streekbestuurder, Janet Swart, sê dat hulle nog moet bevestig wat die inhoud is van die gesteelde pakkies, om te bepaal wat die skade is, maar hulle skat dat ongeveer R2 miljoen se goedere gesteel is.

•CCTV videomateriaal wys eers hoe vier verdagtes die besigheidsperseel dophou, en daarna die drie werknemers oorval. Die werkers is met wapens op die vloer neergedwing, waar hulle vasgebind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button