News

Veeslagting: Vier bly vir eers agter tralies

Boere bekommerd oor impak indien borgtog aan vermeende veediewe toegestaan word.

Die vier mans wat gearresteer is nadat vier Dexter-beeste op boer Willem Cloete se plaas geslag is, bly vir eers agter tralies.

Vusi Mahlangu (42), Nkosinathi Vilakazi (37), Wiseman Mgidlana (42) en Thulani Nkosi (36), se saak is tot 17 November uitgestel, wanneer hulle formeel sal aansoek doen om borgtog.

’n Petisie met 252 handtekeninge is intussen by die landdroshof ingedien, wat beswaar maak teen borgtog aan die vier verdagtes.
Pistorius se firma speel ’n toesighoudende rol in die saak.

Die petisie meld dat ’n stoetbul en drie koeie met ’n gesamentlike waarde van R70 000 geslag is.

Die ondertekenaars sê hulle is bekommerd oor die ekonomiese impak op Cloete se boerdery, die veiligheid van boere in die omgewing en getuies, asook die risiko van verdere veediefstal, indien borgtog toegestaan word.

Daar is versoek dat die ondersoekbeampte en aanklaer enige hangende sake, vorige veroordelings en die bestaande borgtogstatus van elk van die beskuldigdes deur middel van getuienis aan die hof voorlê.

Volgens die petisie is twee voertuie tydens die veediefstal gebruik. Die boere versoek dat enige bewese verband tussen die beskuldigdes, die twee voertuie wat geskut is, ander veediefstalsake en die bestuurder wat na bewering ontsnap het, ondersoek word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button