VIDEO: Twee sterf op nat N4
Volgens ‘n ooggetuie het die kar waarin die oorledenes onderweg was, skielik in die aankomende baan inbeweeg, waar dit kop-aan-kop met ‘n minibussie gebots het. Die blou voertuig waarin twee Zimbabwiërs gery het, het op die glad pad getol, waar dit vol op die passasierskant getref is deur ‘n Bell Equipment bakkie. Sien VIDEO hier: …
Volgens ‘n ooggetuie het die kar waarin die oorledenes onderweg was, skielik in die aankomende baan inbeweeg, waar dit kop-aan-kop met ‘n minibussie gebots het.
Die blou voertuig waarin twee Zimbabwiërs gery het, het op die glad pad getol, waar dit vol op die passasierskant getref is deur ‘n Bell Equipment bakkie.
Sien VIDEO hier:
Beide insittendes is op die toneel dood en verkeer is vir minstens ‘n halfuur in Nelspruit se rigting gesluit vir die polisie se forensiese eenheid om in gietende reën opmetings van die toneel te neem.

Die Iveco bussie se spoedmeter het in die botsing op 140km/ph vasgeslaan.
Die bestuurder van die bussie is met ernstige beserings per ambulans van die toneel vervoer.
‘n Onbekende man, wat agter die Bell bakkie gery het, sê hy moes self van die pad in die modder in ry om die botsing te vermy.
Die man sê sig was erg belemmer met die reën wat swaar van die Arnot omgewing gekom het.
Hy vermoed dat die buitelanders dalk gedink het dat hulle die afdraai na Middelburg gemis het, of dat die bestuurder aan die slaap geraak het.
Beide is opslag dood.

Die identiteit van die oorledenes kan nie bekend gemaak word, alvorens hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is nie.
• Bykans 20 minute voor die noodlottige botsing was drie voertuie ook betrokke in ‘n kettingbotsing by die Alzu vulstasie.
Niemand is egter in dié minder ernstige botsing beseer nie.
gerhard@mobserver.co.za


