Toeriste gestrand – verpas vlug oorsee
Die brandweer en polisie is ontbied, om te kyk hoe die huiseienaars en hul gesinne oor die siedende rivier kan kom, maar albei het handdoek ingegooi omdat niemand se lewens bedreig is nie. “Om mense in ‘n rivier in vloed oor te bring net sodat hulle kan gaan werk en skoolgaan is ‘n reuse risiko,” …
Die brandweer en polisie is ontbied, om te kyk hoe die huiseienaars en hul gesinne oor die siedende rivier kan kom, maar albei het handdoek ingegooi omdat niemand se lewens bedreig is nie.
“Om mense in ‘n rivier in vloed oor te bring net sodat hulle kan gaan werk en skoolgaan is ‘n reuse risiko,” het ‘n polisieman vanaf die toneel gesê.
Hy sê daar was geen gevaar vir eiendomme of mense nie en derhalwe het hulle besluit die mense moet maar hul af daggie tuis geniet.

Die 20 mense wat nie die rivier kon oorsteek om te gaan werk Vrydag nie, moes die naweek ook maar binne bly.
“Witbankdam se sluise is Sondagaand toegemaak en die rivier het gesak en alles was vanmore weer terug na normaal,” sê Olifants River Lodge eienaar, mnr. Pierre Viviers.
Hy sê daar is vanoggend met die hande gespook om die sandbanke op die brug te skraap sodat voertuie kon deur.
“As die sluise egter weer oopgemaak word sal die huiseienaars weer met ‘n probleem sit,” sê mnr. Viviers.
‘n Groep buitelandse toeriste moes Vrydag hul vlugte kanselleer, nadat hulle ook nie oor die rivier kon kom nie.
gerhard@mobserver.co.za
