News

Man verdrink in Loskop

‘n Ooggetuie, mnr. Jaco Struwig, wat die oorledene uit die water oewer toe vervoer het, sê dat hy en sy broer, Callie, besig was om vis te vang aan die oorkantste oewer van waar mnr. Less Brandon en sy kollega, Marius Hendriks, besig was om na die hiasinte te kyk. Dit is Maandag deur mnr. …

‘n Ooggetuie, mnr. Jaco Struwig, wat die oorledene uit die water oewer toe vervoer het, sê dat hy en sy broer, Callie, besig was om vis te vang aan die oorkantste oewer van waar mnr. Less Brandon en sy kollega, Marius Hendriks, besig was om na die hiasinte te kyk.

Dit is Maandag deur mnr. Kobus Pretorius, waterwese areabestuurder van Groblersdal, aan die Observer bevestig.

Volgens die polisie het die motorboot waarop hulle was, skielik geswenk en beide mans het in die water beland.

Nie een van hulle het ‘n veiligheidsbaadjie aangehad nie.

Volgens mnr. Struwig het hy gesien hoe die twee se boot in die rondte tol en nog vir Callie gesê dit lyk na iemand wat bietjie pret wou hê.

“Maar toe die boot aanhou tol en ons hulpkrete hoor, het ons stokke uitgetrek en dadelik met die boot uitgery om te help.”

“Ons het mnr. Hendriks eerste aangetref waar hy gepoog het om kop bo water te hou,” vertel Jaco.

Hy sê mnr. Hendriks was so moeg dat hy nie op die boot kon klim nie en hulle het vanweë sy uitputting gesukkel om hom op te trek.

“Ons het hom vasgehou en langs die boot aangesleep tot by die oewer waar hy in totale uitputting inmekaar gesak het,” sê Jaco, wat weer die dam in is om na mnr. Brandon te gaan soek.

Hulle het hom drywend met sy gesig na onder naby die boot aangetref en sy liggaam ook uitgesleep kant toe.

“Dit was duidelik dat hy reeds dood was en niks vir hom gedoen kon word nie,” vertel Jaco.

Die polisie se watervleuel is ingeroep om mnr. Brandon se liggaam te oorhandig aan die forensiese patologie eenheid.

“Ons kon eenvoudig nie sy liggaam in die water los en die risiko loop dat dit sink nie.”

Die tragedie het omstreeks 12:00 plaasgevind.

Waterwese werk lank reeds hand-aan-hand met Loskop Reservaat ekoloë om die hiasint probleem hok te slaan en wat ‘n roetine ondersoek moes wees, het die mans se kollegas sprakeloos gelaat van skok.

Die polisie het mnr. Brandon beskryf “as ‘n baie groot man, wat die vermoede laat dat die veiligheidsbaadjie moontlik nie gepas het nie”.

gerhard@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button