News

Renoster gestroop

'n Renosterkoei is die afgelope naweek op die Kruisrivier Natuurreservaat deur stropers geskiet terwyl sy besig was om te kalf.

Mnr. Hennie Roberts, die renoster se eienaar, sê dat hulle al die renosters op die plaas verlede jaar laat onthoring het.

Daar was beswaarlik 20cm horing. Stropers het met ‘n vleissaag net 10cm afgesaag.

‘n AK47 projektiel is agter in die koei se keel gekry.

Haar hele voorkop was vergruis en sy moes deur ondenkbare pyn gegaan het voor haar dood. Haar ongebore kalfie het ook in die slag gebly.

Mnr. Roberts sê dat hulle een van die verdagtes kort na die voorval in die veld opgemerk het, maar dat hy verdwyn het voordat hulle hom kon vang.

Dit is die derde renoster wat in drie maande op die plaas gestroop is.

In Desember het stropers met ‘n .458 ‘n dragtige koei en haar driejarige kalf geskiet.

Die koei was net gewond en stropers het haar rug met ‘n byl afgekap, voordat hulle haar horing tot op die neusbeen uitgekap het terwyl sy vermoedelik nog geleef het.

Gewapende wagte op die plaas is minder as ‘n maand gelede weggejaag toe hulle vir die soveelste keer gevang is terwyl hulle slaap.

“Ek is nou keelvol. Ek het vandag (Woensdag) my permitte gekry om die renosters te verkoop en van die plaas af te kry.”
Mnr. Roberts sê dat hy die diere al 16 jaar het. Hy meen hy kan egter nie die risiko vat van stropers wat met AK47’s in die veld loop terwyl daar gaste is nie.

“Ek verkoop die diere vir ‘n appel en ‘n ui. Maar dit is net nie meer die risiko werd nie. Ons het die horings nou al twee maal laat afsaag, maar vir daai paar sentimeter kom hulle terug.”

Mnr. Roberts was vol lof vir die polisie en Fauna en Flora wat in volle mag daar was om die saak te ondersoek. Hy is veral beïndruk met die Prioriteitsmisdaad eenheid.

jana@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button