VIDEO: Vreugde is…
Vreugde is om vir die eerste keer in jou lewe as “nagkind” dit naby seewater te waag sonder om groot sere op jou vel te brand!
Trane het onbeskaamd oor vrywilligers se wange geloop toe pasiëntjies wat aan Xeroderma Pigmentosum (’n rare tipe kanker) ly, uitbunding in die seewater inhardloop en aan die water raak asof dit goud is.
Die vat aan die dolfyne en ander diere by Ushaka Marine World was egter die hoogtepunt van die paar dae wat hierdie kinders bederf is.

Die personeel van Ushaka het selfs een aand die kinders onder die skip in die akwarium op matrasse laat slaap.
Dit is die tweede kamp van sy soort wat vir pasiënte, wat ook “Nagkindertjies” genoem word, gehou is.
Verlede jaar is die eerste kamp in Suid-Afrika by Olifants River Lodge gehou. Met die hulp van borge, soos Shanduka Coal en Midwater Spar kon hulle Durban besoek.
Volgens een van die organiseerders, me. Maryna de Beer, was die kamp vir die kinders ’n belewenis. Hulle was veral opgewonde toe me. Sandra Web (wat van Engeland afkomstig is) hulle gewys het watter UV-beskermende kleredrag en gesigskerms om te dra.

Sy was vol lof vir die hulp wat me. Fisanie Mahlangu (maatskaplike werker van Middelburg) gegee het tydens die kamp en veral met die kommunikasie (vertaling) met die kinders.
Hulle beoog om nou elke jaar ’n kamp vir XP-pasiënte in Februarie of vroeg in Maart te hou.
Besighede en persone wat as borge betrokke wil raak, kan me. De Beer bel by 083 291 1281.
• Die pasiënte was afkomstig vanaf Mpumalanga, die Vrystaat en Limpopo.
• ’n Verkorte video van die kinders se kamp:
