News

Wat doen hulle met papiere?

Met 'n besoek aan die stortingsterrein het 'n joernalis van die Middelburg Observer opgemerk dat daar oral hopies, papiere uitgesit word om droog te word.

Nie ver van die hopies af nie, het ‘n bondel papiere, sigbaar deurmekaar gelê.

Dit is ook afgeneem en het later, toe dit vergroot is, gewys dat dit al die onbelangrike dokumente soos iemand se skooltaak, ou vraestelle en getekende prentjies is.

Die hopies wat egter georden uitgesit is was ‘n ander storie.

Hulle is duidelik een vir een gepak om hulle droog te kry.

Foto’s van die hopies papiere wys betaalstrokies en bankstate.

Die droeërs daarvan was nie baie ingenome toe hul vonds afgeneem is nie.

Bestudering van die foto’s het gewys dat dit Suid-Afrikaanse Polisie betaalstrokies, FNB bankstate, ‘n Absa inbetalingstrokie, Telkom en DSTV persoonlike dokumente was.

Jy dink jy sorteer gou jou kantoor uit. Maar wat gooi jy regtig weg?

En waarvoor kan iemand anders dit gebruik?

Is dit werklik so gevaarlik as mense jou basiese inligting weet?

Ja dit is! Een kykie na ‘n betaalstrokie verskaf die leser jou naam, jou werkgewer se fisiese adres, jou maandelikse inkomste en jou bankrekeningnommer.

‘n Bankstaat lewer soveel meer inligting. Buiten vir jou rekeningnommer en pos of woonadres kan die leser presies sien waar jy wat aangekoop het.

Het jy dalk onlangs vir jou ‘n nuwe speelding gekoop? Iemand weet nou waar jy bly en dat jy vanaf 15 Maart ‘n iPad ryker is. Hulle weet ook dat jy op 16 Maart R3 000 kontant getrek het.

Buiten vir voor die handliggende inligting kan meer gesofistikeerde skelms jou baie groter skade aandoen.

Jou persoonlike inligting kan gebruik word om bank of ander rekenings in jou naam oop te maak.

•Andries Mchunu, opsigter by die stortingsterrein, sê dat daar baie mense is wat herwinning doen.

Hulle sit papiere uit om droog te word om te verhoed dat dit muf as hulle dit in sakke pak.

Hy sê dat hy nie kennis dra van watter papiere hulle verkies om te droog nie.

•Hannelie Struwig van Sublimor Recycling raai mense wat dokumentasie wil weggooi aan om dit op te skeur voordat hulle dit in die asblik gooi.

Hulle kan dit ook by haar gaan aflaai in Weeberstraat 28B. Sy het twee industriële masjiene wat dokumente dadelik in repies skeur as dit daar aanland.

Om meer uit te vind oor herwinning bel haar gerus by 082 829 7698.

•Sabric (South African Banking Risk Identification Centre) raai op hul webblad aan dat jy liefs alle dokumente versnipper wat jy weggooi.

Jy kan op jou verjaardag om ‘n gratis kredietverslag aansoek doen by een van die drie Suid-Afrikaanse kredietburo’s.

Op hierdie verslag sal jy kan sien wie krediet navraag oor jou gedoen het en dit kan ‘n aanduiding gee of iemand anders dalk jou identiteit gesteel het.

•Om kommentaar op die berig te lewer sms die woord stort en daarna jou kommentaar na 37940. ‘n Sms kos R1 50.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button