News

‘Ligstraaltjie’ dood in ongeluk

'n Werknemer van Middelburg HR City is dood en een ernstig beseer in 'n ongeluk Donderdagmiddag op die N4 naby Alzu.

Na wat verneem word het die Jeep waarin mnr. Pitso Obed Mojapele gery het ‘n plas water getref, waarop dit buite beheer getol en die bakkie, waarin HR werknemers, me. Maralie Wolvaardt (26) en me. Melanie MacPherson (23) gery het, trompop getref.

Me. MacPherson is opslag dood in die ongeluk en beide me. Wolvaardt en mnr. Mojapele het ernstige beserings opgedoen en is in die Life Midmed Hospitaal opgeneem.

Mnr. Ben van der Merwe (van HR City) het Vrydag gesê dat die afsterwe van me. MacPherson geweldig traumaties was vir haar kollegas en dat daar traumaberading gedoen sal word. Daar is ook Vrydag ‘n geleentheid by HR City gehou in herinnering aan me. MacPherson.

 

Die ongelukstoneel Donderdagmiddag op die N4, naby Alzu. Melanie MacPherson, 'n konsultant van HR City, is in die ongeluk oorlede.
Die ongelukstoneel Donderdagmiddag op die N4, naby Alzu. Melanie MacPherson, ‘n konsultant van HR City, is in die ongeluk oorlede.

Mnr. Van der Merwe het me. MacPherson beskryf as “‘n ligstraaltjie en ‘n sterretjie wat altyd borrelend was.”

Me. MacPherson was al die jare ‘n inwoner van Middelburg en het haar matriek aan HTS Middelburg voltooi.

Sy en haar man, James, het onlangs na Rustenburg verhuis en me. MacPherson het ‘n satellietkantoor vir HR City op Rustenburg geopen.

Sy het egter steeds een keer elke twee maande na Middelburg gependel om werk te kom doen hier.

Sy was juis Donderdag in Middelburg en het besluis om saam met me. Wolvaardt ‘n kliënt op Belfast te gaan sien.

Die ongeluk het oppad soontoe in gietende reën gebeur.

Teen druktyd was die finale begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

• Me. Wolvaardt was teen druktyd nog in die Midmed Hospitaal waar sy behandel word vir erge breuke, waaronder haar pols en rugwerwels.

Haar ma, Ansa, het gesê dat sy en Maralie “stukkend is vir Melanie se familie wat ‘n dogter verloor het.

Sy was ‘n lieflike ou mensie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button