News

Skok by begrafnis

Terwyl die kis van 'n geliefde inwoner Vrydag laat sak is, het haar dogter in 'n oop graf langsaan geval.

Me. Magda Lewis het net ‘n oomblik haar balans verloor en toe haar oom, Sarel Pretorius, help keer, het albei die graf ingetuimel.

Verskeie grafte is reg langs mekaar gegrawe en me. Lewis en mnr.

Pretorius was die enigste wat aan die noorde kant van die graf gaan staan het. Daar was net sentimeters staanplek tussen wyle me.

Babs Pretorius se graf en die ander oop graf.

Babs en Gert Pretorius.
Babs en Gert Pretorius.

‘n Leer is inderhaas gekry om hulle uit die graf te kry, waar hulle in water beland het.

Begrafnisgangers was erg getraumatiseer, maar die begrafnis moes midde in die skok voortgaan.

Magda werk vir die Steve Tshwete verkeersdepartement en haar pa, Gert, was jare lank die brandweerhoof op die dorp.

Magda Lewis - het in 'n oop graf geval tydens haar ma se ter aarde bestelling.
Magda Lewis – het in ‘n oop graf geval tydens haar ma se ter aarde bestelling.

Dit was lank die gebruik om oop grafte tydens begrafnisse met houtplanke en sinkplate toe te pak vir roubeklaers se veiligheid.

“Dit is die norm,” sê me. Dalene Lamprecht, Steve Tshwete se parkehoof, wat Maandag in die duister was oor die voorval.

“As daar oop grafte is word hulle toegemaak,” het sy telefonies gesê.

Magda, wat die week saam met haar gesin by die kus uitspan, het haar dank teenoor haar en haar oom Sarel se helpers uitgespreek.

Mens kan jou kwalik indink hoe die munisipaliteit verwag dat mens geliefdes in die aanwesigheid van hul naasbestaandes, familie en vriende moet begrawe tussen oop grafte so naby aan mekaar. Magda Lewis het in so graf geval.
Mens kan jou kwalik indink hoe die munisipaliteit verwag dat mens geliefdes in die aanwesigheid van hul naasbestaandes, familie en vriende moet begrawe tussen oop grafte so naby aan mekaar. Magda Lewis het in so graf geval.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button