Bobbejaan klim die berg…
Kolonel Chris Botha, wat in Amajubastraat in Dennesig bly, sê hy vermoed die bobbejaanmannetjie wat op 5 Maart, twee vedowingspyltjies van 'n plaaslike veearts kon ontduik, steeds in die omgewing is.
Kol. Botha sê sy buurman kla steeds dat “iets sy groentetuin verniel”.
Dit kan egter nié die reuse bobbejaanmannetjie wees wat Dennesig inwoners vir meer as twee ure in gietende reën laat staan en wag het dat hy gevang word nie.
Dié mannetjie is op 6 Maart deur dr. Johan Barkhuizen, die plaaslike veearts wat die vorige dag twee verdowingspyltjies na die kees in die takke op die hoeke van Helen Joseph- en Njalastraat geskiet het, by Loskopdam vrygelaat.
Adoons het na dr. Barkhuizen se tweede skoot, wat ‘n tak getref het, dieper Dennesig ingevlug.
Dr. Barkhuizen sê dat bobbejane beslis troeteldiere sal aanval en ook ‘n risiko vir huishulpe is.
“As die bobbejaan gewoond raak aan mense sal hy aanval,” sê dr. Barkhuizen wat waarku “hulle het groot skerp tande!”.
Die DBV het Maandag bevestig dat hulle sedert 5 Maart nog nie weer oproepe oor enige bobbejaan in Dennesig gehad het nie.
