Oud-hoofseun maak rolprente
'n Oud-hoofseun van Steelcrest High School is besig om naam te maak as produksie ontwerper by al die nuutste Afrikaanse rolprente.
Chris Joubert was pas weer die produksie-ontwerper van die rolprent, “Suurlemoen” (die verfilming van ‘n ou voorgeskrewe boek).
Hy behaal sy “Bachelor of Arts in Motion Picture Medium” – vanaf die AFDA (South African School of Motion Picture Medium and Live Performance) en ontvang tydens die gradeplegtigheid die “Course Director’s List Award”.
Daarna was die pad oop en hy is betrokke by die volgende rolprente waar hy onder andere die rekwisiete en produksie ontwerp hanteer het:
Hoofmeisie – rekwisiete
Angel of the Skies – rekwisiete en stelbekleder
Snare – rekwisiete en stelbekleder
Wolwedans in die Skemer – stelbouer en bekleder
Verraaiers – stelbouer en bekleder
Bakgat 3 – produksie ontwerper
Ek Joke Net 2 – kunsregiseer
Musiek Vir die Agtergrond – stelbekleder
Stuur Groete aan Mannetjies Roux – produksie ontwerper
Agent 2000 – produksie ontwerper
Mandelas Gun – stelbekleder
Suurlemoen! – produksie ontwerper. Hierdie rolprent is verlede week klaar geskiet.
•Chris was in 2005 hoofseun aan Steelcrest High School.
