News

Sand, klip, in Seringstraat

Inwoners van Seringstraat is raadop met gereelde ongelukke wat hulle meen, net wag om te gebeur.

As dit nie sand en klip is wat by Boekenhoutstraat afspoel en in Seringstraat opgeindig nie, is dit die slymerige seringboom bessies in somertyd wat die pad glibberig maak.

Saterdagaand het die tweede motorfietsongeluk in twee weke weens die sand in die pad plaasgevind.

Die DA het Sondagmore ingespring en die sand in die pad verwyder.

‘n Inwoner wat al 30 jaar reg oorkant die kerk bly, me. Etu Holtzhausen, sê Saterdagaand was ‘n “baie groot motorfiets betrokke en die ryer was gelukkig dat hy nie ernstig beseer is nie”.

Twee weke gelede is ‘n jong motorfietsryer, mnr. Vincent Slabbert, egter ernstig beseer nadat hy op die sand gegly het.

Hy is van Middelburg oorgeplaas eMalahleni Hospitaal toe weens die erns van die hoofbeserings wat hy in die val opgedoen het.

“Dis nie net motorfietse nie, motors is ook al erg beskadig teen die randsteen, wat altyd getref word as die voertuie gly op die sand en klip,” sê me. Holtzhausen

Die stormwaterdrein is reg op die draai waar Boekenhoutstraat se reënwater afspoel.

“Ons luister elke aand hoe jaag motors hier verby en dan wag ons vir die slag,” het me. Holtzhausen moedeloos gesê.

Sy sê al wat sal help is ‘n spoedwal of stopteken “en dat mense in hemelsnaam net stadiger ry”.

“Hier’s ‘n kleuterskool, laerskool en kerk, die munisipaliteit sal iets moet doen.”

Die burgemeesterskomiteelid, me. Rehana Pioldia, het op haar beurt laat hoor “spoedwalle gebeur nie oornag nie en moet by die begroting ingepas word”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button