News

Vrou hoor seksgeluide

'n Oud inwoner van Middelburg moes oor die foon hoor hoe haar jarelange vriend omgang met 'n prostituut het.

Die vrou, wat versoek het om anoniem te bly, het ‘n paar maande gelede na ‘n ander dorp verhuis vir werk.

Haar vriend, wat sy al langer as vyf jaar ken, het in Middelburg agtergebly.

“Ons het mekaar darem nog gesien en naweke bymekaar gekuier.”

‘n Paar dae na sy laaste besoek aan haar, het sy hom een aand gebel.

“Ek kon hoor dat daar iets verkeerd is. Hy was heeltemal ongemaklik en wou nie praat nie.” Nadat hy die foon neergesit het, het sy hom weer gebel om seker te maak dat alles reg is.

Hy was steeds kortaf. Hierdie keer het hy vergeet om die foon dood te druk.

Kort daarna het die vrou gehoor hoe haar vriend in Engels aan iemand sê: “This lady f*cked up our whole sex session now.”

Hy het aan die persoon by hom gevra of sy ‘n vriendin het. ‘n Vrou het geantwoord “Yes I do”.

“Do you play together?” het hy toe gevra. Toe die vrou dit beaam het hy gesê dat sy haar vriendin volgende keer moet saambring

“Then we can have a threesome.”

Buiten vir die gesprek het die vrou gehoor hoe haar vriend omgang met die persoon by hom het. “Daai geluide bly in my kop. Ek droom in die nag en dan hoor ek dit.

Dit is walglik.”

“Dit onstel my so! Hy het net voor dit vir my gesê hy is lief vir my, en nou sê hy dit vir ‘n prostituut?”

Daarna het die man die vrou met sy motor êrens gaan aflaai. Toe die vrou uit die bakkie klim het hy glo ‘n laaste keer aan haar gesê

“You must remember your friend next time. Bye-bye my baby, I love you.”

Die vrou het die volgende oggend gegaan vir ‘n HIV toets. “Toe die dokter my terugbel met die uitslae het hy begin deur te sê ek kan ontspan, ek gaan nog lank leef.”

Sy moet nou elke ses maande teruggaan vir toetse.

“Ek het almal gebel en hulle vertel. Tot sy kinders en sy baas wat hy so swart gesmeer het. Hy het my later terug gebel en my vreeslik gevloek. Sy verskoning is dat hy dronk was. Hy het glo met iemand gepraat wat voor sy deur verbygeloop het. Maar hy was nie dronk nie, ek het mos met hom gepraat die aand. Hy was beslis nie onder die prop nie.”

“Noudat ek terugdink maak so baie dinge vir my sin. Ek het altyd vermoed daar is êrens iets fout, maar ek kon net nie my vinger daarop sit nie.”

Voordat sy uit Middelburg weg is het sy eendag langs haar vriend gesit toe sy foon lui. Die persoon wat gebel het het gesê dat hy R2 000 soek anders vertel hy almal van die prostituut.

“Ek het hom daaroor gevra en hy het gesê dat dit sy skofbaas se seun is wat die dag vantevore ‘n prostituut opgelaai het, nou soek ‘n afperser geld. Ek het hom geglo.”

Sy vertel ook dat hy in die laaste tyd kort-kort gepraat het van ‘n werker wat hom by die werk gespoeg het. Hy was bekommerd dat hy dalk kan vigs kry omdat hy weet dat die persoon HIV positief is.

“Alles wat gebeur het val nou soos ‘n legkaart inmekaar.”

Sy het ‘n beroep op ander vrouens gedoen om uit te kyk vir sekere tekens: Haar vriend het ongemaklik begin raak as sekere mense hom gebel het.

“Hy het geweier om die nommers te antwoord of terug te bel. Hy het selfs soms sy selfoon in die bakkie gelos, al was hy aan diens.”
Sy sê dat sy ook dikwels infeksies gehad het.

“Ek kan nie glo wat met my gebeur het nie. Ek het berading nodig om oor dit te kom. Ek huil nou nog.”

•Die man se identiteit is bekend aan die Observer.

•Lewer kommentaar. Stuur die kodewoord Pros gevolg deur jou boodskap na 37940. (Sms kos R1.50)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button