News

ANC trek laer om Xaba

Die DA het Donderdag voor dooie mans deur te staan gekom vir ’n spesiale raadsvergadering waarvoor nie ’n enkele ANC raadslid opgedaag het nie

Die munisipale bestuurder, mnr. Willie Fouché, het nou 14-dae om op ’n datum vir ’n nuwe vergadering te besluit.

Die DA koukusleier, mnr. Hennie Niemann, sê dat die ANC doelbewus die vergadering ondermyn het, omdat die DA ’n mosie ter tafel gelê het rakende diefstalklagtes wat teen die speaker, mnr. Robert Xaba, ondersoek word.

Die DA het verlede jaar twee maal probeer om Xaba uit die speaker stoel gelig te kry weens sy “openlike magsmisbruik en bevoordeling van die ANC”.

Xaba, wat teenwoordig moet wees vir debatte oor hom, het bloot nie opgedaag vir die vergaderings nie waarna die ANC meerderheid die mosies doodgedruk het.

Hy word deur Raslo Musiek beskuldig van diefstal en mnr. Marius Ras, eienaar van Raslo, sê Xaba het ’n paar weke terug op aandrang van Cope se Ben Mokoena, met hom ontmoet om die situasie te probeer ontlont.

“Hy het tydens die vergadering in mnr. Mokoena se teenwoordigheid erken hy skuld Raslo geld vir toerusting wat hy by ons gekoop het vir ’n ANC funksie, maar nooit betaal het nie,” sê mnr. Ras.

Die raad het verlede jaar sy regulasies vir raadslede hersien en raadslede wat nie opdaag vir komiteevergaderings of raadsittings sonder skriftelike toestemming vir afwesigheid nie, kan met R1000 beboet word.

Geen verskoning is deur enige van die ANC raadslede vir afwesigheid gemaak voor die sitting nie.

“Die jammerte is dat hulle nou ook 14-dae het om met aanvaarbare verskonings oor hul afwesigheid vorendag te kom,” sê mnr. Niemann.

Hy vermoed die ANC wil die Xaba debakel laat oorstaan tot na die algemene verkiesing op 7 Mei.

“Die ANC vind dit toenemend moeilik om vrae rakende sy lede se optrede aan die elektoraat te beantwoord,” sê die DA.

Die Observer kon nog die ANC koukusleier, nog mnr. Fouché opspoor vir kommentaar en die koerant het hom na die burgemeester, mnr. Mike Masina, gewend vir antwoorde.

Mnr. Masina het gesê dat dit “nie ’n georkestreerde poging van die ANC was om die raad te ondermyn nie”.

Hy het die ANC se afwesigheid toegeskryf aan “politieke werksdruk in die aanloop tot die komende verkiesing”.

Mnr. Ras sê hy sal nie die saak terugtrek alvorens betaling ontvang is nie.

Xaba skuld Raslo R15 200 vir klanktoerusting wat hy sedert Oktober in sy besit het en onder meer gebruik om oor naweke by partytjies te DJ.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button